Friday, May 21, 2010

2010 junie eksamens

Lees die post hieronder. Let wel van die notas is vorige jare opgelaai en is wel onder die argiewe. Alles egter nie daar nie.

JUNIE 2010 EKSAMENS

Hi julle, ek sukkel nog om die notas op te laai vir die eksamens. Onthou dit gaan oor die hele jaar se werk sover, maar net die notas wat ek vir julle gegee het. Langer tipe vrae is net die wat ek sê in die notas is langer tipe vrae. Die res sal op die meeste drie punte tel. Onthou ek vra wel terme wat jy moet beskryf bv by gr.8 sal ek vra iets soos omskryf Cullinan. Skryf asb volledig.

As jy die notas soek wat jy laat wegraak het stuur dan vir my 'n epos by wpretorius23@yahoo.com . Ek behoort binne 12ure dit vir jou te stuur en as jy na 16h00 stuur sal ek dit binne 2 ure kan stuur. Anders moet jy dit by vriende leen en fotostateer.

Sterkte met die eksamens en onthou Geskiedenis is nie 'n begripstoets nie. Jy moet dit leer en nie net deurlees nie. Gebruik 'n kleur koki en pen en laat jou ma vir jou 'n paar vra.

Mnr Pretorius

Wednesday, May 19, 2010